Ramaphosa bepleit beter samewerking tussen publiek, polisie April 9, 2025

President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners versoek om die polisie te ondersteun in die stryd teen misdaad. Ramaphosa het op die Polisieberaad in Kemptonpark gepraat en beklemtoon misdaad raak die hele samelewing en ‘n kollektiewe poging word benodig om dit te kan hokslaan. Ramaphosa het ook erkenning gegee aan die uitdagings wat opkomende bedreigings soos transnasionale misdaad en onwettige mynbou inhou. Hy vra verbeterde openbare vertroue, beter verhoudings tussen die polisie en die gemeenskap en die slimmer gebruik van hulpbronne.