Oekraïne neem twee Chinese soldate gevange April 9, 2025

Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê twee Chinese soldate is gevange geneem waar hulle saam met Russiese soldate in die ooste van Oekraïne geveg het. Hy sê hy het amptenare beveel om ‘n verduideliking van Beijing te eis. China is ‘n bondgenoot van Rusland en word beskuldig dat hy help in die oorlog teen Oekraïne. Beijing ontken egter herhaaldelik aantygings dat hy die Kremlin-magte van wapens voorsien. Zelensky meen China het by Rusland aangesluit in sy oorlog teen Oekraïne en sê hy verwag reaksie van die VSA.