Nama-jeugberaad begin vandag April 9, 2025
Die Nama Tradisionele Leiersvereniging hou vandag tot Vrydag sy eerste jeugberaad in die Waterfront-ouditorium in Lüderitz aanbied. Die geskiedkundige beraad het ten doel om die jeug te betrek by belangrike besprekings rondom hul geskiedenis en erfenis, en toekomstige geleenthede vir die Nama-bevolking. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Maboss Ortmann, ‘n lid van die vereniging se tegniese komitee.
Die vereniging sal ook sy jaarlikse volksmoord-herdenking op 12 April aanbied, hoewel die regering die datum daarvan op 28 Mei vasgestel het. Ortmann verduidelik.