Mission: Impossible -The Final Reckoning sal by Cannes openApril 9, 2025
Die agste rolprent in die ikoniese Mission Impossible-franchise, Mission: Impossible – The Final Reckoning, maak volgende maand sy eerste amptelike buiging op die Cannes-rolprentfees in Frankryk. Tom Cruise is weer in die rol van Ethan Hunt saam met sy medespelers, Angela Bassett, Hayley Atwell, Ving Rhames en Simon Pegg. Cruise en die regisseur en skrywer, Christopher McQuarrie, sal die première bywoon, wat Cruise se derde keer in Cannes sal wees. Die fliek word op 23 Mei wêreldwyd vrygestel.