Minstens 50 seekoeie vrek aan miltsiekte in DRK se VirungaApril 9, 2025
Minstens 50 seekoeie en ander groot diere in die DRK se Virunga Nasionale Park is dood as gevolg van miltsiekte vergiftiging. Owerhede sê hulle is gevind in die Ishasha-rivier wat grens aan Uganda. Toetse het miltsiekte vergiftiging bevestig. Buffels is ook geraak maar, die bron van miltsiekte is nog nie bevestig nie. Die vrektes verteenwoordig ‘n groot verlies vir die park, wat in die afgelope dekades gewerk het om die aantal seekoeie te vermeerder nadat stropery en oorlog die bevolking van meer as 20 000 tot ‘n paar honderd teen 2006 verminder het. Die park hou nou ongeveer 1 200 seekoeie.