Klimaatsverandering bedreig wêreld-rysproduksieApril 9, 2025
Met die aantal rysproduserende lande wat al hoe minder word, waarsku kenners dat klimaatsontwrigting toekomstige wêreldvoorraad kan bedreig. Dit volg te midde van berigte dat Maleisiese rysproduksie van 71-persent to 56-persent weens klimaatsverandering gedaal het. Dit dwing die land om meer rys van Kambodia, Vietnam en Thailand in te voer. Maleisië verbruik meer as 2,7-miljoen ton rys per jaar, waarvan sowat 30-persent op die oomblik van Kambodja kom. Kundiges sê Maleisië ondersoek tans klimaatveerkragtige ryssoorte, maar langtermynoplossings word dringend benodig.