Hans-Kaumbi oorhandig Amushehelo se dringende aansoek aan diensregter April 9, 2025

Hoërhofregter Doris Hans-Kaumbi het die dringende aansoek deur die polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo teen NEFF-aktivis Michael Amushelelo oorhandig aan die regter wat môre aan diens sal wees. Sy het ook beveel dat die aansoek môre om nege-uur gehoor sal word. Dit kom na Amushelelo aangedui het hy sal ‘n mosie bring vir haar onttrekking, wat op die regstelsel geliasseer is laat Dinsdagaand. Intussen sal Amushelelo vandag verskyn vir sy vonnisoplegging minagting van die hof. Hy is steeds in aanhouding.