Gesondheidsorg kos Namibiërs meer as N$1,2 miljard in vierde kwartaalApril 9, 2025
Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, sê Namibiërs het meer as 1,2 miljard Namibiese dollar aan gesondheidsorg in die vierde kwartaal van 2024 bestee. The Brief berig dat hoewel dit ‘n afname van 14,3 persent van die vorige kwartaal is, weerspieël die syfer ‘n styging van 1,2 persent op ‘n jaargrondslag. Die waargenome afname in eise tydens die vierde kwartaal word grootliks toegeskryf aan die sikliese aard van gesondheidsorgbenutting, aangesien lede tipies hulle voordele teen die tyd uitgeput het. Gesondheidsorg bereik normaalweg in die tweede en derde kwartale ‘n hoogtepunt.