Derde verdagte in Namdia-roof in Ondangwa gearresteerApril 9, 2025

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat ‘n derde verdagte in die dodelike Namdia-rooftog op 18 Januarie in hegtenis geneem is. Die verdagte, ‘n sekuriteitswag wat in Ondangwa aangekeer is, sal glo vanmiddag in die Windhoekse landdroshof verskyn. Intussen hang daar steeds ‘n wolk van stilswye oor die roof, en hierdie kwessie het al in die Nasionale Vergadering gaan draai. Nambia het vroeër net gesê daar is 314,9 miljoen Namibiese dollar se diamante gebuit, waarvan 40,6 miljoen dollar se edelstene teruggevind is. Dit na twee mense in die roof dood is en twee verdagtes reeds aangekla is. Hulle is Joel Angula, wat as die meesterbrein agter die misdaad beskryf word, en Sam Shololo. Hulle sal weer in Mei in die hof verskyn.