Derde Namdia-roof verdagte in hof, nog 2 glo in arresApril 9, 2025
Die derde gearresteerde verdagte in die Namdia-rooftog, die 33-jarige JustIn Samuel Shipanga, het in die Windhoekse landdroshof verskyn. Shipanga staar ‘n klag van diefstal van ongeslypte en ongepoleerde diamante in die gesig. Hy is ‘n sekuriteitswag by G4S en neem self sy verdediging waar. Die saak is uitgestel tot 17 Junie. Volgens berigte is nog twee verdagtes in Keetmanshoop aangekeer. NamPol se hoof-kommunikasiekantoor in Windhoek kon geen verdere besonderhede hieroor verskaf nie, omdat daar nog geen bevestiging was nie.