Daling in lamverslagting is as gevolg van laer aanbodApril 9, 2025
Volgens die Namibië Landbou-unie het ‘n gebrek aan uitvoerlam die slagaktiwiteite by uitvoer-abattoirs beïnvloed, wat die vermoë om ooraanbod te verwerk beperk. Die daling in slagaktiwiteit was te wyte aan die erge droogte. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sven Thieme, die uitvoerende hoof van Ohlthalver en List, wat Farmers Meat Market besit. Thieme het ‘n oorsig gegee van vanjaar se uitvoere na Noorweë en die komende uitvoere in April.