China sê Vance beledig met ‘peasant’ aanmerking April 9, 2025

China het die Amerikaanse visepresident, JD Vance, gekritiseer omdat hy na Chinese mense as “peasants” verwys het in ‘n onderhoud wat wydverspreide reaksie op die internet in China ontketen het, sowel as vergelykings met Vance se eie selfverklaarde “hillbilly” agtergrond. Vance het met Fox News gepraat en president Donald Trump se ingrypende tariewe verdedig. Hy het gesê hulle leen geld by Chinese “peasants” om die goed te koop wat die einste Chinese mense vervaardig. Die woordvoerder van die Chinese Ministerie van Buitelandse Sake, Lin Jian, het gesê dit is verstommend en betreurenswaardig om te hoor hoe Vance sulke onkundige en oneerbiedige opmerkings maak.