Brittanje vier eerste baba wat uit geskenkte baarmoeder gebore wordApril 9, 2025
‘n Babadogtertjie wat as ‘n wonderwerkie beskou word, het die eerste kind in die Verenigde Koninkryk geword wat gebore is vanuit ‘n baarmoeder wat aan haar ma geskenk is. Die baba se ma, die 36-jarige Grace Davidson, is sonder ‘n funksionerende baarmoeder gebore en het haar suster se baarmoeder in 2023 ontvang. Dit was destyds die enigste suksesvolle baarmoederoorplanting in die VK. Die chirurgiese span het aan die BBC gesê hulle het sedert Grace se oorplanting nog drie baarmoederoorplantings uitgevoer. Hulle beoog om altesaam 15 uit te voer as deel van ‘n kliniese proef.