As eenheidsregering oorleef, sal dit gebroke weesApril 9, 2025
Die politieke ontleder Daniel Silke sê as die regering van nasionale eenheid oorleef sal dit gebroke, onbestendig en relatief wisselvallig wees. Die krake is aan die verdiep terwyl die ANC en die DA van mekaar verskil oor die begroting. Silke sê eerder as om die DA uit te skop, sal die ANC uiteindelik toegee aan die eise van die privaat sektor om met die DA saam te werk om te verseker die regering stort nie in duie nie. Hy glo ‘n samehangende plan is nodig vir die koalisieregering om te slaag.