Arbeid gee terugvoering oor De Duine April 9, 2025

Die De Duine Hotel in Hentiesbaai is deur die justisie- en arbeidsverhoudinge-ministerie beveel om nie ‘n voorstel oor onder andere die terughou van kelners se fooitjies te implementeer nie. Dit volg na ‘n brief wat deur die hotel se bestuur geskryf is uitgelek het en ‘n span van die ministerie die hotel ondersoek het. Die hotel het die ministerie se aanbevelings aanvaar, maar die ondersoek het nog ongerymdhede blootgelê. Nghidinua Daniel, die ministerie se uitvoerende direkteur, gee meer inligting. 

Die Swakopmund Abattoir was ook ondersoek oor beweerde nie-nakoming van veiligheidsregulasies, en daar is gevind dat dit nie die minimumloon geïmplementeer het nie.