VSA-handelminister sê oor tariewe op pikkewyn-eilandeApril 8, 2025

Die VSA se handelminister het die land se besluit verdedig om tariewe te hef op ‘n groep onbewoonde eilande met slegs pikkewyne en robbe. Howard Lutnick het aan CBS gesê die tariewe op die Heard en McDonald eilande is ingestel om “belaglike skuiwergate” toe maak en sal ander lande keer om skeepsvrag deur die eilande na die VSA te vervoer. Owerhede in Australië was verbaas oor die tariewe op die eilande wat 4 000 kilometer van die vasteland af is. Die verskeping van goedere van een hawe na ‘n ander staan bekend as herverskeping en algemeen in wêreldhandel.