Twee sluise by Nautedam oopgetrek, Neckartal loop ook oorApril 8, 2025
NamWater het twee sluise op die Nautedam buite Keetmanshoop getrek. Die dam in tans op 105 persent en 200 kubiek per sekonde word vrygestel. Nautedam is in die Löwenrivier, suidwes van Keetmanshoop en vrygestelde water vloei stroomaf in die Löwenrivier en smelt uiteindelik saam met die Visrivier, wat ook oorloopwater vanaf die Neckartaldam dra. Hierdie gekombineerde vloei gaan suid voort om die Oranjerivier tussen Rosh Pinah en Aussenkehr te bereik. Alle belanghebbendes en gemeenskappe stroomaf word versoek om waaksaam te wees omdat Neckartal tans ook oorloop.