Maart se inflasiesyfer stygApril 8, 2025

Die inflasie vir Maart is bekend. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê dit het op 4,2 persent ingekom, teenoor 3,6 persent in Februarie maar steeds effe laer as die 4,5 persent in Maart verlede jaar. Woordvoerder Mirjam Shihepo het meer.

Sone 3, wat die suide, Omaheke en Erongo insluit, het die hoogste inflasie aangeteken op 4,4 persent met sone 1, die noorde, op 4,2 persent en sone 3, oftewel Khomas op 4,1 persent.