Landbou-ontleder sê ook tariewe sal geringe impak hêApril 8, 2025

Handelskenners sê Namibië hoef nie te veel bekommerd te wees oor Amerikaanse invoertariewe nie. Net 2,6 persent van die land se totale uitvoere verlede jaar was na die VSA, waarvan landbou-uitvoere minder as 0,02 persent uitgemaak het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die landboukenner Wallie Roux oor wat dit gaan beteken vir ons vleis-uitvoere na Amerika.