Kospryse styg weer, vrugte is peperduurApril 8, 2025
Inflasie het in Maart op 4,2 persent ingekom, op van die 3,6 persent van Februarie. Vrugte het die grootste styging aangeteken op 17,3 persent. Koffie en tee is met 9,4 persent op en vis met 7,9 persent. Vleis is op met 7,4 persent. Groente het jou 7,1 persent meer uit die sak gejaag en brood en grane, 6,1 persent. Olies en vette het met 5,2 persent gestyg en suikerprodukte met 4,9 persent. Suiwel het gekrimp met 0,4 persent.