Jaarlikse inflasiekoers vir drank daal, tabak stygApril 8, 2025

Die jaarlikse inflasiekoers vir alkoholiese drank het gedurende Maart op 5,1 persent gestaan, laer as die 6,9 persent wat in Maart 2024 aangeteken is. Volgens die jongste Verbruikersprysindeks is dit hoofsaaklik weens stadige prysverhogings van bier, ale en siders, wat van 8,1 persent tot 3,7 persent verlangsaam het. Die pryverhogings van whiskies het ook gedaal van 3,5 persent na 1,4 persent, en van likeurs van 5,1 persent na 3,8 persent. Die jaarlikse inflasiekoers vir tabak het egter van 6,4 persent in Maart verlede jaar na 7,3 persent gestyg. Pyptabak se pryse het van 11,5 persent tot 13,3 persent gestyg en die van sigarette van 4,7 persent tot 5,1 persent.