Dagga-vonds op Ariamsvlei – nog vier agter tralies April 8, 2025

Die Namibiese polisie sê nog vier mans is gearresteer in verband met die vonds van 27 kilogram dagga wat Maandag by Ariamsvlei-grenspos gevind is. Die waarde word op 1,36 miljoen Namibiese dollar beraam. Die vier mans, almal Namibies, is 18, 30, 31 en 40 jaar oud. ‘n Suid-Afrikaner, 31, is reeds in hegtenis geneem. Nog ‘n verdagte het terug na Suid-Afrika ontsnap. Hy het sy reisdokumente en selfoon laat lê toe hy weggehardloop het van waar ‘n immigrasiebeampte hom ondervra het. Die ondersoek duur voort.