Borg vir ses verdagtes in N$30m bedrogspulApril 8, 2025
Die ses verdagtes in die beweerde bedrogspul van 30 miljoen Namibiese dollar in Walvisbaai, is vanoggend borg van 100 000 dollar elk toegestaan. Victoria George, glo die meesterbrein agter die skema, Cecilia Nakale, Abisai Ndeunjema, Windhoek-gebaseerde verpleegster Elizabeth Shikongo, ‘n beampte van korrektiewe dienste, Elizabeth Niilonga en Vitalis Iithete is in Februarie gearresteer omdat hulle na bewering ‘n 72-jarige Namibiese sakeman bedrieg het met ‘n voorlegging vir ‘n verpleegskool.