Amushelelo in minagting, tronk toe tot Woensdag se vonnisApril 8, 2025

Aktivis Michael Amushelelo is in minagting van die hof gehou en gearresteer nadat hy in die hoërhof na regters as “puppets” en “mini gods” verwys het. Waarnemende regter Doris Hans-Kaumbi sê sy uitsprake is ‘n duidelike aanval op die onafhanklikheid van die regbank. Sy het beveel hy moet tot Woensdagoggend by Windhoek korrektiewe fasiliteit aangehou word, wanneer hy dan weer sal verskyn om gevonnis te word. Dit kom na hy geen regsverteenwoordiging kon bekom vir ‘n dringende aansoek deur luitenant-generaal Joseph Shikongo nie en later gevra het dat Hans-Kaumbi aan die saak moet onttrek. Shikongo voer aan plasings op Amushelelo se sosiale media is kontrakbreuk na ‘n skikking in ‘n vorige saak.