Tariewe: Zim sal tariewe op VSA-invoere ophefApril 7, 2025
Die Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa sal alle tariewe op Amerikaanse produkte ophef, in ‘n poging om verhoudings met die VSA te verbeter. President Donald Trump het 18 persent tariewe op Zimbabwiese produkte gehef, waarvan die groter meerderheid uitvoere tabak beslaan. Mnangagwa sê die opheffing is bedoel om die uitbreiding van Amerikaanse invoere binne die Zimbabwiese mark te vergemaklik, terwyl dit terselfdertyd die groei van Zimbabwiese uitvoere wat vir die Verenigde State bestem is, bevorder.