Suiwelsektor sukkel, maar produseer meer melkApril 7, 2025

Die Namibiese Landbou-unie het sy oorsig vir die vierde kwartaal van 2024 gepubliseer. Die suiwelsektor se winsgewendheid toon ‘n kommerwekkende neiging met klein winste wat tot 2017 aangeteken is en toe skerp begin daal het na amper 50 persent verliese teen 2022 en teen einde 2024 net minder as 40 persent verliese gestaan het. Voerkoste, wat 71 persent van totale uitgawes beslaan is die hoofrede. In die periode het roumelkproduksie steeds met amper 10 persent gestyg saam met die prys van melk. Nog twee produsente het die bedryf verlede jaar verlaat.