Lithgow wen groot by Olivier-toekenningsApril 7, 2025
John Lithgow en Lesley Manville was van die groot wenners by die Olivier-toekennings in Londen se Royal Albert Hall. Die afgelope jaar se prestasies is Britse teater is gevier. Lithgow is aangewys as beste akteur vir sy rol in Giant terwyl Manville die toekenning vir beste aktrise gewen het vir Oedipus. Eline Arbo het die Sir Peter Hall-toekenning vir beste regisseur opgeraap vir The Years. Die musiekblyspele, The Curious Case of Benjamin Button en Fiddler on the Roof, het ook met drie toekennings weg gestap.