Hardap 76,3% vol, Neckartal loop glo oorApril 7, 2025

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is die belangrike Hardapdam 76,3 persent vol na dit die afgelope week invloei van net onder 4,7 miljoen kubieke meter gehad het. Die Von Bach staan op 74,2 persent, die Swakoppoort op 102,5 persent en die Omatako op 79,1 persent. In die Ooste is die Otjiverodam op 20 persent en die slikdam op 16,9 persent. Die Tilda Viljoen is op 18,2 persent en die Daan Viljoen op 64,8 persent. Die Neckartal het vanoggend 8-uur 99,6 persent gemeet maar loop glo tans oor, terwyl die Naute 85,1 gemeet het. Die Oanob staan op 78 persent. Die Olushandjadam in die noorde is 74,5 persent vol.