DA kan maar skoert uit regering: SAKPApril 7, 2025

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty herhaal sy oproep dat die DA uit die regering van nasionale eenheid verwyder moet word. Dit volg nadat die party verlede week in die Parlement weens die BTW-verhoging teen die fiskale raamwerk gestem het. Die sekretaris-generaal van die SAKP, Solly Mapaila, sê die DA het op arrogante wyse aangevoer daar kan nie ‘n regering in die land wees sonder sy insluiting nie, wat onwaar is. Hy voeg by ‘n nuwe regering kan sonder die DA saamgestel word.