Ariamsvlei-polisie vang man met N$1,36 miljoen se daggaApril 7, 2025

NamPol op Ariamsvlei het ‘n 31-jarige Suid-Afrikaanse man gearresteer met meer as 27kg dagga wat sowat N$1,36 miljoen werd is. ‘n Intelligensie-geleide operasies het daartoe gelei dat die verdagte in besit van twee groot sakke wat 26 verpakte sakke dagga bevat het betrap is. Die polisie vermoed dat verskeie mense wat ‘n sindikaat vorm by die misdaad betrokke is. Nog ‘n verdagte het terug na Suid-Afrika ontsnap. Hy het sy reisdokumente en selfoon laat lê toe hy weggehardloop het van waar ‘n immigrasiebeampte hom ondervra het.