ANC se nasionale werkskomitee kyk na RNE-toekomsApril 7, 2025
Die ANC se nasionale werkskomitee vergader vandag om die pad vorentoe te bespreek wat die regering van nasionale eenheid betref. Die verhouding tussen die twee grootste partye in die koalisieregering, die ANC en die DA, is gespanne nadat die DA verlede week teen die aanvaarding van die fiskale raamwerk gestem het. Adjunkpresident Paul Mashatile sê die DA se rol in die koalisieregering moet nie oorskat word nie en hy voeg by alle partye moet saamwerk ingevolge die verklaring van voorneme.