Só lyk Haaie se span teen LyonApril 6, 2025
Afrigter John Plumtree het ‘n hele aantal veranderings aan die Haaie-span aangebring wat môreaand teen Lyon in die Uitdaagbeker se rondte van 16 speel. André Esterhuizen en Yaw Penxe het hulle opdrafplekke behou. Ntuthuko Mchunu, Fez Mbatha en Ruan Dreyer is die nuwe voorry, terwyl Corné Rahl en Gerbrandt Grobler die slotte in die beginspan is. Tino Mavesere, Jannes Potgieter en kaptain Nic Hatton is die losvoorspelers. Bradley Davids en Siya Masuku vervang die Hendrikse broers as skakelpaar. Litelihle Bester speel vleuel saam met Penxe. Francois Venter is saam met Esterhuizen op senter en Hakeem Kunene is gekies as heelagter.