NamWater spook met Opuwo se waterApril 6, 2025

NamWater was Saterdag druk besig op Opuwo ná swaar reën en erge oorstromings die instelling se infrastruktuur op die dorp beskadig het en krane droog gelaat het. Die pyplyn op Opuwo is herstel, maar NamWater moet nog die stelsel toets om watervloei en stabiliteit te bepaal. Sodra die stelsel weer ten volle operasioneel is, sal watertoevoer na Opuwo herstel word, sê NamWater.