Land Rover briek uitvoere na AmerikaApril 6, 2025

Jaguar Land Rover het verskepings na die VSA vir ‘n maand onderbreek ná Donald Trump se tariewe in werking getree het. Die maatskappy sê hy het tyd nodig om die nuwe handelsvoorwaardes van die tariewe aan te spreek. ‘n Maatskappy-woordvoerder sê die VSA is ‘n belangrike mark vir sy luukse handelsmerke. Sy besluit volg nadat ‘n heffing van 25 persent op alle motors wat na Amerika ingevoer word, Donderdag in werking getree het met die basislyntarief van tien persent wat Saterdag geaktiveer is. Die Britse motorbedryf sal na verwagting swaar getref sal word deur die nuwe tariewe.