Blitsbokke klop Argentinië net-netApril 6, 2025

Die Blitsbokke het ʼn wonderwerk nodig gehad ná hul nederlaag teen Groot-Brittanje. Hulle het dit gekry met ʼn naelskraapse oorwinning oor Argentinië en hul hoop op ʼn Singapoer-sege lewend gehou. Die Suid-Afrikaners het met rustyd ʼn voorsprong van twee punte bo die wêreldvoorlopers Argentinië gehad. Na ʼn spannende tweede helfte het die Blitsbokke twee minute in ekstra-tyd die wendrie gedruk en met 26-24 gewen om moontlik die uitspeelrondes te haal.