Walvis-munisipaliteit oorweeg plakkersheffingApril 5, 2025
Walvisbaai se inwoners is die herrie in ná die kusdorp se munisiplaiteit gesê hulle wil heffings op plakkershuise instel. ‘n Reuse-agterstand in die voorsiening van gedienste erwe beteken duisende mense leef in plakkershuise in agterplase. Op Kuisebmond is daar tot tien families per erf wat plakkershuise in agterplase huur, en dit verhoog brandgevaar. Die munisipaliteit oorweeg dus heffings vir erf-eienaars wat plakkers huisves. Dit is nog nie bekend hoeveel dié heffings gaan beloop nie.