Vier jong kinders sterf in brand op UsakosApril 5, 2025

‘n Brand in die Hakaseb-informele nedersetting op Usakos tussen 06:00 en 07:00 vanoggend het verskeie lewens geëis, het polisie op die dorp bevestig. Hulle is tans op die toneel. Min inligting is beskikbaar, maar volgens voorlopige aanduidings is vier jong kinders, hul ouma en ‘n volwassene in die brand dood. Die polisie-ondersoek duur voort.