Rugby: Só lyk die Bulle se span vir vanmiddagApril 5, 2025
Losskakel Johan Goosen en losvoorspeler Cameron Hanekom sal vanmiddag op die reserwebank wees wanneer die Bulle en die Franse span Bayonnais kragte meet in hulle Rondte van 16 Uitdaagbekerwedstryd. Reinhardt Ludwig en Stedman Gans is ook terug in aksie. Stut Simphiwe Matanzima kry sy eerste opdraf-geleentheid in die kompetisie en Marco van Staden is ook in die beginspan. Die agterlyn bly onveranderd nadat die Bulle Zebre laasweek in die United Rugbykampioenskap wedstryd gewen het.