Namibiese beesvleis, vis geknou weens VSA-tarieweApril 5, 2025
Namibiese beesvleis en vis se mededingingheid word bedreig deur Amerika se instelling van handelstariewe vandeesweek, waarsku die uitvoerende direkteur van die ministerie van handel, Penda Naanda. Dié tariewe van 21% kan die prys van beesvleis en vis opjaag en dus die vraag daarna benadeel, wat sal lei tot minder uitvoere na die VSA-mark, sê Naanda. Sy ministerie ondersoek verskeie strategieë om die impak van die tariewe te versag.