Khoarahlane Seutloali, Gerda Steyn draf Twee Oseane kafApril 5, 2025
Khoarahlane Seutloali van Lesotho het die 2025 Twee Oseane-marathon gewen toe hy die wenstreep by die Universiteit van Kaapstad se rugbyvelde ná 3 ure, 10 minute en 46 sekondes oorgesteek het. Seutloali het die uitmergelende ultra-roete van 56 kilometer teen ʼn bestendige pas aangepak en die eerste man van Lesotho geword wat die Twee Oseane sedert 2015 wen. Gerda Steyn het haar sesde oorwinning by die Twee Oseane-marathon opgeraap toe sy na 3 ure, 29 minute en 9 sekondes oor die wenstreep gedraf het.