Buitelandse soldate binnekort in Oekraïne ontplooiApril 5, 2025
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê Europese militêre beplanners kan binne ‘n maand gereed wees met besonderhede vir die ontplooiing van buitelandse soldate in dié land wat as noodsaaklik beskou word om die oorlog met Rusland te beëindig. Oekraïne wil veiligheidswaarborge van sy bondgenote hê in geval van ‘n vredesooreenkoms met Rusland om ‘n herhaling van sy inval in Februarie 2022 te voorkom. Zelensky sê baie lande sal ook bydra tot die poging waar buitelandse soldate sy land, see en lugruim patrolleer.