Wêreld se ekostelsels kry hupstoot met nuwe regulasie April 4, 2025
Die Europese Unie sê die Natuurherstelregulasie is die eerste omvattende wet van sy soort wat oor vastelande geld. Dit wil ekostelsels, natuurlike omgewings en spesies in die EU se land- en seegebiede herstel. Hierdie maatreëls behoort teen 2030 minstens 20-persent van die EU se land- en seegebiede te dek en sal teen 2050 alle ekostelsels herstel. Meer as 80-persent van Europa se natuurlike omgewings is in ʼn swak toestand. Die EU sê hy is daartoe verbind om sy doelwitte vir klimaatsversagting en -aanpassing te bereik.