Sacky se aansoek misluk, maar hof beveel verbeteringe in tronk-hofApril 4, 2025
Die uitvoerende direkteure van justisie en die kantoor van die regbank moet by die hoërhof verslag doen oor wat gedoen is om ‘n hofsaal voor te berei vir die Fishrot-verhoor. Adjunk regter-president Shafimana Ueitele het dit beveel in die Windhoekse hoërhof. Hy het ‘n aansoek deur Sacky Shanghala en twee ander Fishrot-beskuldigdes, dat hulle nie meer by die hof by die Windhoek Korrektiewe Fasiliteit verhoor moet word nie, van die hand gewys. Dit is omdat heelwat van die verbeteringe waarvoor hulle gevra het reeds aangebring is, soos dat die tralies waaragter die beskuldigdes gesit het, verwyder moes word. Die twee uitvoerende direkteure moet teen 5 September ‘n verslag indien oor die ander aksies wat hulle geneem het, het Ueitele beveel.