NSX loop deur onder Trump-tariewe April 4, 2025

Chaos het Donderdag op wêreldmarkte losgebars ná die Amerikaanse president Donald Trump se instelling van invoertariewe. Die Namibiese aandelebeurs was geen uitsondering nie. Die algehele indeks van die NSX het met bykans 4,6 persent geval, sy swakste vertoning tot dusver vanjaar. Die plaaslike indeks het egter onveranderd gebly. Al drie groot Amerikaanse aandelemarkte het Donderdag laer gesluit, hul ergste dag sedert Junie 2020. Nasdaq het met ses persent geval terwyl die S&P 500 en die Dow onderskeidelik met 4,8 persent en 3,9 persent gedaal het. Die wêreldmarkte het ook skerp gedaal.