Miljoene vloei in eerste maand van nuwe visa-regime April 4, 2025
Die ministerie van buitelandse sake het reeds bykans 25,5 miljoen Namibiese dollar uit e-visas en visas-op-aankoms verdien. Volgens die uitvoerende direkteur van dié ministerie, Etienne Maritz, het meer as 15 500 reisigers aanlyn aansoek gedoen en e-visas ontvang sedert die implemetering van Namibië se nuwe visa-regime op 3 Maart vanjaar. Die inkomste hieruit was sowat 24 miljoen dollar. Altesaam 820 reisigers het in persoon om visas-op-aankoms aansoek gedoen en vir die res van die inkomste gesorg.