Hardap se sluise dalk getrek April 4, 2025

Dit reën steeds in die opvangsgebied van die Visrivier, sê Namibië se hidrologiese dienste. Met die Hardapdam wat tans 75 persent vol is, het dié diens gewaarsku dat die watervlakke van Hardap fyn gemonitor moet word. Voorbereidings moet getref word vir die moontlike trek van dié dam se sluise om enige verdere styging in watervolues te bestuur, sê die diens.