Tussentydse Ierse afrigter stel drie hulpafrigters aanApril 3, 2025
Rugby: Ierland se tussentydse afrigter, Paul O’Connell, het Denis Leamy, Mike Prendergast en Colm Tucker as sy hulpafrigters aangestel vir die komende toetse teen Georgië en Portugal. O’Connell het oorgeneem by Simon Easterby wat nou aan die Britse en Ierse Leeus verbonde is onder die voltydse Ierse afrigter, Andy Farrell. Leamy is sedert 2022 Munster se verdegingsafrigter, Prendergast is Munster se aanvalsafrigter, terwyl Tucker Connacht se skrumafrigter is. Die drie sal by die nasionale span inskakel an die einde van die klubseisoen.