Soektog na MH370-wrak opgeskort April 3, 2025
Die jongste soektog na Malaysia Airlines-vlug MH370 is opgeskort. Maleisië het ‘n ooreenkoms met die firma Ocean Infinity om die soektog na die wrak van vlug MH370 te hervat. “Hulle het die operasie vir eers gestaak. Hulle sal die soektog aan die einde van die jaar hervat,” het Anthony Loke, minister van vervoer van Maleisië, gesê. Die Boeing 777 met 239 mense aan boord het op 8 Maart 2014 van radarskerms verdwyn terwyl dit van Kuala Lumpur Na Beijing op pad was.