Reën sorg vir groot waterprobleme op Otjiwarongo April 3, 2025

Op Otjiwarongo loop krane baie stadig weens ‘n groot daling in die watervlak van die dorp se hoofreservoir. Volgens NamWater is dié reservoir tans net 18 persent vol. Groot uitdagings met watervoorsiening word ondervind ná swaar reën kragonderbrekings by die Buffelshoek-pompstasie veroorsaak het. Een van die motors van die stasie het ook uitgebrand. Dus is watervoorsiening van Omatjene onderbreek. Otjiwarongo steun tans net op Omarassa en dit kan nie byhou met die vraag na water nie. Die invloei in die hoofreservoir tans is 214 kubieke meter water per uur, terwyl die uitvloei 412 kubieke meter per uur is. NamWater se tegniese span is besig om die pompstasie by Buffelshoek te herstel.