Punjab-kolwers prys afrigter Ponting na groot verbeteringApril 3, 2025
Krieket: Punjab Kings se kolwers sê hulle nuwe afrigter, Ricky Ponting, het reeds ‘n positiewe uitwerking op vanjaar se Indiese Premierliga. Die span is tans tweede op die punteleer na Royal Challengers Bengaluru nadat albei hulle eerste twee wedstryde gewen het. Punjab het in September ‘n vierjaar-kontrak met die voormalige Australiese kaptein gesluit nadat hulle verlede seisoen negende geëindig het. Die kolwer Nehal Wadhera sê Ponting is een van die beste afrigters met wie hy nog gewerk het, want hy is positief, wat outomaties die spelers se vertroue verhoog.